Musiek Spreker Oor Winkel Bespreek
TUIN
Musikant  ·  Motiveringspreker  ·  Suid-Afrika

TUIN

Rou. Eerlik. Vol hoop. Musiek uit die donker, met 'n boodskap wat bly. Kyk die video's, hoor die storie, bespreek die verhoog.

Rol
KunstenaarSprekerStorievertellerPerformer KunstenaarSprekerStorievertellerPerformer
01 — MUSIEK

Die Video's

Musiekvideo's en visuele. Klik enige werk om te speel.

Konfetti Sonder Kleur
Ampie & Tuin · Amptelike Video

Konfetti Sonder Kleur

Weerlig
Amptelike Musiekvideo

Weerlig

Mooiste Monster
Amptelike Musiekvideo · Nuut

Mooiste Monster

SpotifyApple MusicYouTube MusicDeezerSoundCloudBoomplay
02 — SPREKER

Die Storie

Die praatjie wat 'n vertrek verander — veranker deur my storie.

TUIN se storie van hoop

Vir 19 jaar het ek nie een dag skoon geleef nie. Depressie van op twaalf, 'n verslawing wat alles gevat het, en meer as een nag waar ek nie geweet het of ek dit gaan haal nie. Vandag staan ek amper twee jaar skoon en sober — en dis hoekom ek praat. My storie is nie 'n mooi een nie, maar dit is waar, en dit eindig met hoop.

  • Verslawing & herstel
  • Hoop uit die donker
  • Dankbaarheid
  • Kies jou mense

Sukkel jy, of iemand na aan jou? SADAG se 24/7 hulplyn: 0800 567 567. Jy is nie alleen nie.

Tuin oor Weerlig - Die Groot Ontbyt
In die media

Tuin oor 'Weerlig'

Die Groot Ontbyt · Onderhoud

TUIN gesels op Die Groot Ontbyt oor die storie agter 'Weerlig', haar reis, en die boodskap van hoop wat deur die musiek loop.

Kyk die onderhoud →
03 — OOR

Wie is TUIN

Twee dinge, een stem: die musiek en die boodskap.

TUIN is die verhoognaam agter musiek wat uit die donker kom en met lig terugkeer. Op die verhoog neem TUIN jou op 'n reis van emosie — een wat jou laat inkeer en jou motiveer om die lewe met nuwe krag aan te pak. Die boodskap onder alles bly dieselfde: daar is hoop, en daar is 'n uitkoms.

TUIN — 'n sanger-liedjieskrywer van Pretoria — tree sedert 2012 op. Sy het op groot feeste soos Oppikoppi en STRAB gespeel, en die verhoog gedeel met kunstenaars soos Carly Rae Jepsen, Jack Parow, The Black Cat Bones, Francois van Coke, Prime Circle en Dan Patlansky.

“Ná 19 jaar het ek gevoel asof ek in 'n koma was. Nou begin ek leef — en ek sing nie omdat ek dink ek het die mooiste stem nie, maar omdat ek iets het om te sê.”

04 — WINKEL

Merch

Plaaslik gedruk en gestuur. Gratis aflewering ingesluit — geen verrassings by betaling nie.

Gratis afleweringSweef Soos 'n Barend Hoodie
Sweef Soos 'n BarendR699
Hoodie · 260g katoen · gratis aflewering
MansSweef Soos 'n Barend Tee
Sweef Soos 'n BarendR399
Mans-tee · 185g katoen · wit of swart
KindersMooiste Monster Kids Tee
Mooiste MonsterR299
Kinder-tee · 1–13j · wit of swart
DamesStorms is Wapens Dames-tee
Storms is WapensR329
Dames-tee · 165g katoen · swart
PetJys Genoeg Washed Cap
Jy’s GenoegR279
Gewaste pet · film-druk · charcoal/olyf
TruckerJys Genoeg Trucker Cap
Jy’s Genoeg TruckerR279
Gewaste trucker · film-druk · voor & agter
05 — BESPREEK

Bespreek TUIN

Kies 'n pakket, stuur 'n navraag. Reis en ekstras apart gekwoteer. Regte fooie volg.

Praat

Op aanvraag
  • Keynote / motiveringspraatjie
  • Tot 60 minute
  • Q&A + ontmoet
Korporatief, skole, events

Speel

Op aanvraag
  • Solo
  • Duet
  • Volledige band
Feeste, privaat, korporatief
hello@tuinmuso.co.za

Kom ons
werk saam →

TUIN © 2026 · hello@tuinmuso.co.za · Voorwaardes & Beleide