Elektroniese Perskit · EPK
Rou. Eerlik. Vol hoop.
Afrikaanse musikant · Suid-Afrika
SoloDuoVolle bandMotiveringspreker
4 480
Spotify / maand
5 580
TikTok
3 382
Facebook
1 625
Instagram
TUIN
Oor TUIN

Musiek uit die donker, met 'n boodskap wat bly.

TUIN is die verhoognaam agter Afrikaanse musiek wat uit die donker kom en met lig terugkeer. Op die verhoog neem TUIN die gehoor op 'n reis van emosie. Een wat jou laat inkeer en jou motiveer om die lewe met nuwe krag aan te pak.

Ná jare van verslawing staan TUIN vandag 2 jaar en 6 maande skoon en sober. Die musiek is nie mooipraatjies nie, dit is 'n eerlike “uit die hart uit” vertolking van haar storie wat 'n gehoor met hoop en inspirasie nalaat!

"Ek sing nie omdat ek dink ek het die mooiste stem nie, maar omdat ek iets het om te sê."
Wat TUIN bied

Een stem, drie maniere om te bespreek.

Opsie 1

Solo

Intiem en energiek op dieselfde tyd. 'n Stem, 'n kitaar en 'n loop station. Ideaal vir kleiner verhoë en huiskonserte.

Opsie 2

Duo

Voller klank met Alouise Peens as tweede musikant. 'n Goeie balans tussen intiem en groot. 2 loop stations, 2 kitare, 2 stemme met energie wat 'n gehoor na die dansvloer lok.

Opsie 3

Volle band

Die volledige TUIN-ervaring vir feeste en hoofverhoë. Energie wat 'n skare gryp.

Ook beskikbaar as motiveringspreker. TUIN se storie van herstel en hoop werk kragtig by korporatiewe, kerk- en gemeenskapsgeleenthede, met of sonder musiek.
Verhoog-CV

Al op die groot verhoë.

Het by feeste soos Oppikoppi, STRAB, Innibos, Up the Creek en Vryfees opgetree, en oopgemaak (voorprogram) vir kunstenaars soos:

Jack ParowFrancois van CokePrime Circle Dan PatlanskyThe Black Cat Bones

En as voorprogram vir die internasionale ster Carly Rae Jepsen.

Wenner van die InniBos Rock Rumoer-kompetisie · debuutalbum 'n Tyd om te laat gaan.

In die pers: onderhoud op Die Groot Ontbyt (kykNET).

Kyk & luister

Begin hier.

Bespreek TUIN

Kry TUIN op jou verhoog.

Vir besprekings, beskikbaarheid en tegniese vereistes, kontak ons gerus. Ons reageer vinnig.

hello@tuinmuso.co.za